Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vliergrond " deur HENNING PIETERSE
" Vliergrond " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82382] Ma, 18 Augustus 2003 01:26 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
H.J. Pieterse
Vliergrond

Almal op Boubaard se landgoed weet

hoe vliergrond sy merk laat op die vel
van die jong boer, sy oë geknyp
in korrels groen are teen die ryp,

hoe dié grond sy merk kneus op die vel
van die jong vrou, wanneer sy swel
in 'n boom voor die eerste bot,

hoe dié grond sy merk sweet op die vel
van die ou boer wat wolke tel,
wat bygelowe oor hout probeer vergeet,

hoe dié grond sy merk brand op die vel
van die uitgewaste vrou, wat koud
nadink oor gehangdes aan dié hout.

Almal op Bloubaard se eiendom weet goed:
uit hierdie grond, uit hierdie boom
syg eeue oue drakebloed.
Re: " Vliergrond " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82402 is 'n antwoord op boodskap #82382] Ma, 18 Augustus 2003 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 18 Aug 2003 01:26:08 GMT, "@rogers.com" wrote:

> H.J. Pieterse
> Vliergrond
>
> Almal op Boubaard se landgoed weet
>
> hoe vliergrond sy merk laat op die vel
> van die jong boer, sy oë geknyp
> in korrels groen are teen die ryp,
>
> hoe dié grond sy merk kneus op die vel
> van die jong vrou, wanneer sy swel
> in 'n boom voor die eerste bot,
>
> hoe dié grond sy merk sweet op die vel
> van die ou boer wat wolke tel,
> wat bygelowe oor hout probeer vergeet,
>
> hoe dié grond sy merk brand op die vel
> van die uitgewaste vrou, wat koud
> nadink oor gehangdes aan dié hout.
>
> Almal op Bloubaard se eiendom weet goed:
> uit hierdie grond, uit hierdie boom
> syg eeue oue drakebloed.
>
>

Ek sou wou geweet het van Gloudina of
1°. vliergrond grond is waar vlierbome groei?
2°. of in SA vlierbome dieselfde bome is as hier by ons in Vlaandere
-Vlierbome is hier in Vlaandere groen struike waarin vlierbessies
groei en waarvan ons 'n uitstekende siroop maak teen die hoes en slym
op die longe. Sien hiervoor 'n prentjie op my tuisblad:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/Dragende_vlierstrui k1.jpg
(Passop, asseblief: moet dit ingee soos dit hier geskryf staan!)

Norbert (uit Vlaandere)
Re: " Vliergrond " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82406 is 'n antwoord op boodskap #82402] Ma, 18 Augustus 2003 12:15 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote

> Ek sou wou geweet het van Gloudina of
> 1�. vliergrond grond is waar vlierbome groei?
> 2�. of in SA vlierbome dieselfde bome is as hier by ons in Vlaandere
> -Vlierbome is hier in Vlaandere groen struike waarin vlierbessies
> groei en waarvan ons 'n uitstekende siroop maak teen die hoes en slym
> op die longe. Sien hiervoor 'n prentjie op my tuisblad:
> http://users.skynet.be/norbert_van_damme/Dragende_vlierstrui k1.jpg
> Norbert (uit Vlaandere)

Norbert, toe ek die gedig geplaas het, het ek geen
idee gehad wat " vliergrond" beteken nie. Ek dink
nie dis 'n soort ding wat so genoem word in SA nie.
So miskien verwys hy na dit waarna jy verwys.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Kwartet vir die einde van die tyd" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:14:40 MGT 2024